Boer War Fort dump excavated and analysed

From the Beeld, Monday 21 October, 2002, written by Antoinette Pienaar

Mnr. Gerard de Kamper (24) met die oorblyfsels van 'n Webley-rewolwer wat tydens opgrawings by 'n ashoop by Fort Schanskop, Pretoria, gevind is. Die portbottel (middel) is een van agt wat dateer van die 19de eeu en van Portugal kom. Die melkbeker is van Franse oorsprong en dateer ook van die 19de eeu.

Die Britse soldate wat Fort Schanskop, Pretoria, tussen 1900 en 1905 beset het,
het nie graag gejag nie, al was daar baie wild in die omgewing. Hulle het eerder 'n stukkie skaap- of beesvleis by die plaaslike slagter gaan koop en hul geregte rojaal met Worcestersous besprinkel.
Hul stapelkos was boeliebief en hulle het destyds gou na 'n botteltjie Eno's gegryp vir sooibrand.
Dié gevolgtrekkings oor die Britte se daaglikse lewe by die fort kom nadat 'n groep studente van die
Universiteit van Pretoria verlede jaar 'n ashoop op die perseel ontleed het. Mnr. Gerard de Kamper (24)
Wat besig is met sy meestersgraad in argeologie en geskiedenis, het verlede week die groep se verslag
oor die opgrawings aan genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Voortrekkermonument se
Erfinesterrein, oorhandig.
"Daar was geen wildsbene in die ashoop nie, net bees- en skaapbene wat duidelik onder 'n slagter se saag deurgeloop het. Die soldate het ook nie so baie gedrink soos mense dink nie. Ons het maar nege of tien whiskeybottels gekry". Volgens De Kamper is dit die eerste ashoop wat tot dusver by 'n fort ontleed kon word. Bouers het op die ashoop afgekom toe hulle in Maart verlede jaar besig was met
'n opgrawing vir 'n nuwe onthaallokaal. Die bouwerk is tydelik gastaak en die studente, ook mnr. Willem Steyn en me. Carrien Bingle, het permitte gekry om opgrawings te doen. Onder die artefakte is 'n geroeste
Webley-rewolwer (merk IV, .45-kaliber) en De Kamper meen 'n mens kan maar net probeer raai hoekom die wapen op die ashoop beland het. "Die loop lyk of dit beskadig is. Miskien het iemand dit laat val."
Dié soort rewolwer was 'n standaard uitreiking aan Britse soldate. Oor die Kakies se higiene spot De Kamper lekker. "Ons het net een keramiek-tandepastahouer gekry en net twee houttandeborsels."
Die groot aantal heel glasbottles wat op die ashoop gevind is, laat De Kamper dink dat die Britte nie so
Noukeurig rommel herwin het soos die Boere nie.

English translation for the benefit of our overseas visitors.